82ste Oscar-toekenningsaand

  82ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 7 Maart 2010
Plek Kodak-teater, Los Angeles
Aanbieder Alec Baldwin
Steve Martin
Pryse & benoemings
Beste rolprent  The Hurt Locker
Meeste pryse  The Hurt Locker (6)
Meeste benoemings  The Hurt Locker en
Avatar (9 elk)

Die 82ste Oscar-toekenningsaand is op 7 Maart 2010 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Hollywood gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 2009. Alec Baldwin en Steve Martin was die aanbieders – dit was die eerste keer sedert die 59ste Oscar-seremonie in 1987 dat daar meer as een aanbieder is.[1]

The Hurt Locker het nege benoemings gehad en ses Oscars gewen, waaronder beste rolprent en regisseur vir Kathryn Bigelow, die eerste vrou wat die Oscar vir beste regisseur wen.[2] Avatar, wat ook nege benoemings gehad het, het drie pryse gewen. Crazy Heart, Precious en Up het twee elk gewen.

Die oud-Suid-Afrikaner Neill Blomkamp se District 9, wat in Johannesburg afspeel, is benoem vir beste prent, visuele effekte, verwerkte draaiboek en rolprentredigering.[3] Invictus, ’n fliek oor Suid-Afrika se sege in die Wêreldbeker-rugbytoernooi in 1995, het twee benoemings gekry: Morgan Freeman vir die rol van oudpres. Nelson Mandela (beste akteur) en Matt Damon as Francois Pienaar (beste manlike byspeler).[3]

In ’n poging om nuwe belangstelling in die Oscars aan te wakker, is besluit om tien prente in die kategorie beste rolprent te benoem in plaas van vyf,[4] ’n praktyk wat gestaak is ná die 16de Oscar-toekenningsaand in 1944.

  1. Marc Graser (3 November 2009). "Steve Martin and Alec Baldwin to Co-host the Oscars". Variety (in Engels). PMC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 April 2012. Besoek op 4 Maart 2010.
  2. King, Susan (8 Maart 2010). "'Hurt Locker' wins best picture". Los Angeles Times. Tribune Company. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2010. Besoek op 6 Mei 2010.
  3. 3,0 3,1 ‘District 9’ benoem vir vier Oscar-toekennings, Beeld, 3 Februarie 2010. URL besoek op 1 Oktober 2013
  4. "82nd Academy Awards to Feature 10 Best Picture Nominees". Academy of Motion Picture Arts and Sciences (in Engels). AMPAS. 24 Junie 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Oktober 2014. Besoek op 9 April 2010.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy